ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Bibi Simon (77). Foto verskaf.

Hartseer vaarwel aan geliefde Bibi Simon

Date: 14 November 2014 By: Andries van Zyl

Die Soutpansberg-gemeenskap het die afgelope week met hartseer afskeid geneem van mnr. Bibi Simon, wat op 7 November in die ouderdom van 77-jaar oorlede is.

Bibi is in 1937 in Belville, Kaapstad, gebore. Hy het in die destydse Suidwes-Afrika grootgeword en ook daar, in Keetmanshoop, sy Telkom-loopbaan begin. Daar het hy sy vrou, Sophia, ontmoet en is hulle in 1963 getroud. Uit die huwelik is vier kinders, Jaroldine, Heidi, Emil en Anke, gebore. 

Die Simon-egpaar het Suidwes verruil vir Louis Trichardt in 1980. Hier het die gesin verwonderd gestaan oor die baie reën en alles wat so groen is. 

Bibi se geliefkoosde tydverdryf was om sy tuin nat te maak, sy “cowboy” boeke te lees en met sy vrou met gesels. Dis iets wat hulle elke dag, ure en ure lank, kon doen.

“Ná 51 jaar se gelukkige getroude lewe het Bibi sag heengegaan. Ons was bevoorreg om sy hande vas te hou tot op die einde. Maar ons het berusting, want daar waar ons pa nou is, kan hy weer sien, weer hoor, en  deur die Hemelse Tuin rondloop. Die voorbeeld wat ons pa gestel het, in sy werkskapasiteit en persoonlike lewe, was vir ons kinders nie net ‘n voorbeeld nie, maar ook ‘n inspirasie. Geen kind kom ‘n beter pa kry, of ‘n vrou ‘n beter man nie, en daarvoor loof en prys ons die Here,” het die kinders gesê.

Bibi Simon, voor sy aftrede jare gelede, was die  hooftegnikus van Telkom se ingeneurswese-afdeling. Hy het saam met sy span mense die destydse handsentrales geoutomatiseer. “Daarom kan ons vandag net knoppies druk om te bel!” sê die kinders.

Bibi word oorleef deur sy vrou, Sophia, kinders, nege kleinkinders en sy geliefkoosde skoonseun, Carel de Lange. ‘n Diens vir wyle Bibi vind Vrydag, 14 November, om 14:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente (Haantjiekerk) in Louis Trichardt plaas.

 

 
 
 

Viewed: 365

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT