ADVERTISEMENT:

 

 
 

Chaos op N1

Date: 10 October 2014 By: Isabel Venter

Drie mense is Dinsdag dood in twee verskillende ongelukke op die N1-noord.

Verkeer is ook vir ure ontwrig weens wrakstukke in die pad, asook ‘n veldbrand wat uitgebreek het ná een van die ongelukke.

In die eerste voorval het ‘n minibus-taxi teen ‘n vragmotor se sleepwa gebots naby die Cloud’s End-afdraai. ‘n Passasier van die bussie, ‘n 35-jarige vrou, is oorlede. Die ander passasiers en die bestuurder van die vragmotor was ongedeerd.

Die tweede ongeluk het net vóór die Hendrik Verwoerd Tonnels plaasgevind. ‘n Vragmotor, met ‘n vol vrag rys en pasta, het teen ‘n rotswand vasgejaag en in vlamme uitgebars. Altwee insittendes is op die toneel dood.

Daar word vermoed dat die vragmotor, wat in ‘n noordelike rigting op pad was, se remme reeds in die Soutpansberg-bergpas gefaal het. Die impak van die ongeluk het die kajuit van die sleepwa losgeruk en veroorsaak dat die dieseltenk ontplof het.

Weens die ontploffing het die vlamme so hoog gebrand dat die droë grasveld hoog op teen die berg aan die brand gesteek is. Rookwolke kon van etlike kilometers ver gesien word. Plaasboere het ingespring om die brand onder beheer te kry, terwyl reddingswerkers hard gespook het om die toneel weer skoon te kry sodat die verkeersvloei kon hervat.

Die twee oorledenes was tussen die ouderdomme van 37 en 40 jaar. Die polisie het bevestig dat hulle besig is om 'n saak van nalatige of roekelose bestuur te ondersoek in albei ongelukke. Teen druktyd was die oorledenes se name nog nie bekendgemaak nie.

 

 
 
 

Viewed: 1334

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT