ADVERTISEMENT:

 

 
 

Bennie Landman, saam met sy awesome vrou, Lynthea, wat noodgedwonge self vir klein Jaydelene moes vang toe sy net nie meer op haar wou laat wag nie.

Ma vang toe sommer haar eie baba

Date: 19 September 2014 By: Isabel Venter

Bennie Landman van Makhado (Louis Trichardt) vertel breëbors hoe hy vir die eerste keer pa geword het – al was dit ‘n paar daggies te vroeg.

Verlede Donderdag was dit sulke tyd vir ma Lynthea, en moes sy sommer self die haastige Jaydelene vang in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal. “My vrou is awesome!” sê Bennie.

Bennie en Lynthea was vroegoggend al by die hospitaal, nadat Jaydelene haar intensies bekend gemaak het. Volgens Lynthea wou die verpleegsters haar nie glo toe sy vir hulle sê die baba is op pad nie. Bennie en Lynthea se suster, Cornea, het haar bygestaan en haar na die kraamsaal gehelp.

Bennie het nog gedink daar gaan tyd wees om gou ‘n verpleegster nader te roep, maar toe hy sy rug draai het Lynthea klaar vir Jaydelene in haar hande gevang. “Al wat ek gehoor het, is Lynthea wat sê: ‘Ek het haar gevang!’” het Bennie vertel.

Pandemonium het losgebars onder die verpleegsters toe Jaydelene skielik opdaag. Ma en dogter is inderhaas bygestaan, en die verpleegsters het Jaydelene se naelstring geknip en seker gemaak daar is nie komplikasies nie. “Die verpleegsters het vreeslik gebabbel, maar hulle het ons vriendelik gehelp,” het Lynthea en Bennie gesê.

Die Zoutpansberger het Maandag vir Jaydelene gaan kuier. Sy is (vir nou) ‘n stroopsoet en gesonde baba wat al klaar ‘n paar gramme sedert haar geboorte opgetel het. “Ons het haar vanoggend geweeg, en sy weeg nou al amper 3kg,” vertel die trotse ouers. Jaydelene het by haar geboorte die skaal getrek op 2.48kg en is vernoem na die Suid-Afrikaanse sanger Jay du Plessis, met wie sy 'n verjaarsdag deel.

 
 
 

Viewed: 770

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT