ADVERTISEMENT:

 

 
 

Dalk lente, maar dit reën ysblokkies ...

Date: 12 September 2014 By: Isabel Venter

Lente mag dalk in die lug wees, maar dit reën deesdae ysblokkies in Makhado (Louis Trichardt).

Twee weke gelede het die nuutste sosiale mediagier, om ‘n emmer met ysblokkies en koue water oor jou kop uit te keer (als vir ‘n goeie doel), in Makhado (Louis Trichardt) posgevat. Pest Control Services hier was die eerstes om die uitdaging te doen en het al die ander besighede van Makhado (Louis Trichardt) uitgedaag op dieselfde te doen.  

Die ysbak-uitdaging is ‘n wêreldwye bewusmakingsveldtog van motorneuronsiekte (MNS) en is ingestel om mense te motiveer om geld aan enige MNS-organisasie of vir MNS-navorsing te skenk. ‘n Persoon of organisasie word uitgedaag om binne 24 uur ‘n emmer gevul met ysblokkies en koue water oor sy kop uit te keer, dit te verfilm en op die Internet te laai. ‘n Genomineerde persoon moet ook ‘n donasie maak aan die MNS-organisasie van sy keuse. Doen jy nie die uitdaging nie, moet jy ‘n ekstra “boete” donasie maak.

Verlede Vrydag het Saryna Kiddi Care Loslitdag gevier deur ‘n massa ysbakuitdaging te verfilm vanaf hulle perseel. Die afgelope Maandag het Pest Control Services vir De Graaf Undercar en Trali verras deur die ys na hulle te bring. Michael, Sigred en Brian Jefferies moes toe maar noodgedwonge die flou lentesonnetjie aandurf, terwyl Pest Control se span hulle met emmers yskoue water gegooi het.

Hoërskool Louis Trichardt se meisieskrieketspan en Harnas-toeneelgroep het ook oor die naweek hul ysuitdaging op die Internet gelaai. Harnas se uitdaging het, net soos Oswald Eveleigh, uitgestaan. Die toneelgroep het ysblokkies in ‘n swembad gegooi voordat hulle daarin gespring het. Oswald het op sy beurt ‘n tru-grawer gekry om ‘n yslike hoeveelheid water oor hom uit te stort.

Die jonger geslag van die dorp het ook nie teruggestaan nie. Dawn se dogter, Ariel, het ook Dinsdag aangedring dat sy ‘n ysbakuitdaging wil hê en haar kampstoeltjie nadergetrek. Sy het op haar beurt haar skooljuffrou uitgedaag.

 Die vraag is nou, wie is volgende...?

 
 
 

Viewed: 7112

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Saryna Kiddi Care Kleuterskool op Makhado (Louis Trichardt) het verlede Vrydag 'n massa ysbakuitdaging gehou. Van links na regs is Rakesh Jeram (Standard Bank), Kempen Claassens (Standard Bank), Riana Claassens (Saryna Kiddi Care), Cameron Jackson (Saryna Kiddi Care), Heinrich Volschenk (Dinnermates), en Bertus Marx (Standard Bank).

Jong Ariel Smit wou opsluit ook deelneem aan die ysbakuitdaging.Foto verskaf.

Oswald Eveleigh van Makhado (Louis Trichardt) het groot gegaan met sy uitdaging, en 'n tru-grawer gekry om water oor hom uit te gooi.

Die span van De Graaf Under-Car en Trali het Maandag net 'n flentertjie son gehad tydens hulle ysbakuitdaging. Voor, van links na regs, is Brian, Michael en Sigred Jefferies. Die emmerwerk is gedoen deur Pest Control se span, van links, Peet Snyder, Johan Jacobs en eienaar Dawn Smit.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT