ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Munisipaliteit skuld ESKOM miljoene

Date: 29 August 2014 By: Linda van der Westhuizen

Die Makhado Munisipaliteit skuld ESKOM gereeld nagenoeg R60m.

ESKOM het reeds sekere munisipaliteite gedreig met kragafsnyding, maar die Makhado Munisipaliteit het inwoners egter verseker dat dit nie sal gebeur dat hulle in die donker gelaat sal word nie.

Volgens Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering, het munisipaliteite regoor die land ESKOM aan die einde van Junie meer as R10.8 miljard geskuld. Munisipaliteite in Limpopo se gesamentlike skuld aan die einde van Junie was R315m. Noord-Kaap en Mpumalanga skuld minder as Limpopo. City Power van Johannesburg alleen skuld R1.075 miljard.

Volgens ‘n Eskomverslag was Limpopo se skuld aan die einde van Mei R109.6m, wanneer slegs die munisipaliteite met meer as R5m skuld in ag geneem word. Die drie grootste skuldmakers was Thabazimbi (R66.5m) Mookgophong (Naboomspruit) met R21.6m en Makhado (Louis Trichardt)  met  R21.5m. Die skuld het dus teen die einde van Junie bykans verdriedubbel.

Dit is heeltemal in lyn met Makhado munisipale bestuurder mnr. Sakkie Mutshinyali se verduideliking dat die munisipaliteit elke drie maande ‘n skuld van om en by R60m opbou en dan ‘n toelae van die regering ontvang om dit uit te wis. “Toe ons dreigemente van ESKOM ontvang het dat hulle die krag gaan afsny, het ons met ESKOM onderhandel en gesê dat hulle ons mense sal doodmaak as hulle die krag afsny, waarna ons ‘n ooreenkoms met hulle aangegaan het,” het Mutshinyali gesê.

Munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi het Dinsdag verder uitgebrei in ‘n antwoord op ‘n medianavraag deur te sê dat die munisipaliteit nie alleen in sy skuldstryd is nie. “Die munisipaliteit het ‘n stryd met ESKOM-skuld, net soos die meeste munisipaliteite in Suid-Afrika,” het Bobodi gesê. Hy het bygevoeg dat ESKOM en die Makhado Munisipaliteit se topbestuur elke maand vergader en dat hulle afbetalingsreëlings in plek het as ‘n voortgaande besigheidsprosedure en dat die nasionale tesourie bewus is van die reëlings. Bobodi het bevestig dat hulle elke drie maande ongeveer R57m betaal.

Die rente op die ESKOM-skuld het die vorige belastingjaar ongeveer R817 000 beloop. Wat hierdie jaar se rente op die skuld betref, het Bobodi geantwoord dat die rente aan die raad voorgelê sal word vir kondonering “net soos enige ander rentes”. Verlede jaar het dié agterstallige rente onder vrugtelose uitgawes geressorteer in terme van die munisipale finansiële bestuurswet.

Die munisipaliteit het op sy beurt skuld van R170,4m wat nie ingevorder kon word nie. Sommige inwoners het hierdie week weereens onoopgemaakte koeverte met munisipale rekeninge gevind wat by die poskantoor weggegooi word. “Net die twee stelle wat ek en oom Fritz Ahrens op een dag opgetel het, het agterstallige skuld van meer as R60 000 bevat. Ek voel dis onregverdig. My heffings, tariewe en belasting gaan op, want die munisipaliteit kan nie hulle skuld invorder nie. Ek sou voorstel dat die munisipaliteit iemand taak om op die rekeninge wat uitgaan, al die agterstallige skuld van meer as 120 dae te ondersoek en dit aktief te begin invorder,” het me. Anne-Marie Kuhne gesê.

 
 
 

Viewed: 220

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT