ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep is die wenners van die ATKV Gauteng-Suid tienertoneel streekfees met Harnas - ‘n stuk wat die grootliks-onaangeraakte onderwerp van mensehandel kaalhande aanpak. Hier is een van die kinders wat as slawe verkoop is, gespeel deur Leandri Muller. Foto deur Maya-Lee Fotografie.

Triegie-toneel skitter tydens ATKV-fees

Date: 30 August 2014 By: Linda van der Westhuizen

Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep is die wenners van die ATKV Gauteng-Suid se tienertoneel streekfees met Harnas - ‘n stuk wat die grootliks-onaangeraakte onderwerp van mensehandel kaalhande aanpak.

Die Triegie-toneelgroep is een van die 10 landswye streekwenners, nadat hulle op 22 Augustus in die Springs Stadsteater aan die finaal deelgeneem het en met die louere weggestap het. Ontsnap van Hoërskool Wilgerivier van Frankfort was tweede, terwyl die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg die derde plek beklee het met Die wag op…

Regisseur en skrywer Marcel van Niekerk en sy groep oes ‘n sakvol goue medaljes in vir regie, stel, kostuum, grimering, beligting, klankbaan, klankversorging, verhoogbestuur en ensemblespel. Silwer medaljes is toegeken vir die teks en die spelers Marietjie Leonard, wat die hoofkarakter Meraai vertolk het, Ndodzo Mawela (mnr. Medupe, ‘n staatsamptenaar) en Amica Theunissen (Meraai se sussie, Monna).

Die stuk is beskryf  as ‘n realiteit wat ‘n mens aan die hart gryp en innerlik in beroering en opstand bring. “Emosioneel het dit ‘n mens innerlik aan flarde gehad omdat ‘n mens gekonfronteer is met die stukkende lewens van brose en onskuldige kinders aan die hand van goddelose, onmenslike en liefdelose misdadige vergrype,” het ds. Phillip en mev. Hester Horn gesê.

Een van die spelers, Nododzo, het gesê dat hy sterk gevoelens oor vanjaar se tema het. “Dit gaan oor meer as die idee van mensehandel. Dit gaan ook oor ‘n kanker in die mentaliteit van Suid-Afrikaners, in die sin dat hulle nie kan onderskei tussen wat belangrik is en wat nie en dat hulle gevolglik geen aksie neem nie. Ons drama behels meer as net vermaak. Ek kon deel wees van ‘n boodskap wat mense kan uitdaag en, as dit reg verstaan word, verandering teweeg kan bring,” het Ndodzo gesê

Maar wat het Van Niekerk op die tema van die brutaliteit van mensehandel laat besluit? “Ons woon naby aan Musina en Beitbrug, waar bewusmaking van mensehandel ‘n aktuele onderwerp is. Ek het reeds laasjaar met navorsing oor dié onderwerp begin en was geskok om te besef dat daar wêreldwyd 27 miljoen slawe is, waarvan 13 miljoen kinders is. Daardie kinders se lewensverwagting is drie maande tot ses jaar. In ons land word daar gemiddeld vyf kinders per dag gelok met leë beloftes van werksgeleenthede en kontrakte. Ons het die brutaliteit van mensehanel in die drama met simboliek en fisiese teater uitgebeeld,” het Van Niekerk gesê

“Ek het baie nuwe dinge geleer en verskillende emosies ontdek. Die wêreld van slawerny was vir my nuut en het vir my meer oopgegaan,” het Marli Muller gesê. Sy het haar rol as slaaf geniet, ten spyte van die bloukolle wat sy in die proses opgedoen het.

Die beoordelaars by hulle streekfees was Gerrit Schoonhoven, Ilse Oppelt, Ira Blankenberg en Wilhelm van der Walt.

Wat was hul reaksie toe hulle hoor dat hulle as wenners aangewys is? Marli het gesê dat hulle tegelyk geskok, opgewonde, verlig en verskriklik bly was. Van Niekerk het gesê dat hy alle eer aan die Here gee. Die kinders het hul opregte dank teenoor Van Niekerk en die onderwysers wat hul vergesel het, uitgespreek.

 
 
 

Viewed: 521

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

Die toneelgroep van Hoërskool Louis Trichardt nadat hulle die streekfees van die ATKV-Tienertoneel in die Springs stadsteater gewen het. Saam met die groep is hul regisseur, Marcel van Niekerk (agter), beoordelaars en lede van die bestuursmaatskappy, Stage Alive. Heel voor is Quintin Wills (Stage Alive) en in die tweede ry, van links na regs, is Renier van Wyk (Stage Alive), beoordelaars Gerrit Schoonhoven, Wilhelm van der Walt, Ilse Oppelt en Ira Blanckenberg en David Brink (Stage Alive). Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT