ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Bontle Makgoba. Foto verskaf.

Jong Triegie sterf in ongeluk

Date: 22 August 2014 By: Isabel Venter

Een van Laerskool Louis Trichardt se “sonstraal kinders” is Maandag tragies op slag dood in ‘n motorongeluk op pad skool toe.

Bontle Makgoba, ‘n Graad 1-leerling van dié skool, was Maandagoggend saam met haar ma, mev. Esther Makgoba, en babasussie in die motor. Hulle was op pad terug na Makhado (Louis Trichardt), nadat hulle die naweek by familie in die Munnik-streek gekuier het. Esther het bestuur en het glo tussen Munnik en Soekmekaar beheer oor haar voertuig verloor. Daar was nie ‘n ander voertuig betrokke nie. Die voertuig het die pad verlaat en gerol.

Esther is ernstig beseer en is per helikopter na die MediClinic in Polokwane vervoer, waar sy behandeling ontvang het vir ondermeer ‘n vergruisde knieskyf. Bontle se jonger sussie was ongedeerd.

Die onderwysers en personeel van Laerskool Louis Trichardt het gesê hulle was geskok om van Bontle se afsterwe te hoor, en treur saam met haar klasmaats. Bontle is deur een van haar onderwysers, mev. Elsjé Linde, beskryf as ‘n liefdevolle en opgewekte meisietjie wat altyd gelag het, en altyd besig was om ander aan te steek met haar lag. “Haar sonnige en warm persoonlikheid het vir haar vriende gemaak, waar ook al sy gegaan het,” het Elsjé gesê.

Die skool het hulle opregte meegevoel uitgespreek met klein Bontle se ma, wat tans nog aansterk in die hospitaal, en haar familie. Begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie.

 
 
 

Viewed: 243

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT